Forum 2.0

3821 Lief vir die kultuur


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem! Jerusalem is die stad wat stewig gebou is, waarheen die stamme kom, die stamme van die Here. Psalm 122:2-4a NAV 

Die Jode was geweldig trots op hulle pragtige stad, Jerusalem. Hulle was ook baie geheg aan hulle volkslewe en kultuur. Hulle het hulleself as ‘n spesiale volk beleef en het hul godsdiens en feeste ten volle uitgeleef. Dis ook heeltemal reg so! Ons is van nature deel van ‘n kultuur en dis reg dat ons daaraan geheg sal voel, want dis waar ons ons identiteit vind, waar ons tuis voel. Ons mag ook die mooi dinge wat mense voortbring – byvoorbeeld kuns, kultuur, taal, musiek, wetenskap, argitektuur – waardeer en daardeur geïnspireer word. Ja, neem deel aan die lewe en geniet die mooi om jou!  Trouens, Christene móét deel wees van hul kultuur, anders kan hulle nie sout en lig wees nie. Elke generasie Christene moet die evangelie realisties en effektief aan sy eie kultuur en konteks bied. Dis ons taak om ons kultuur vir die Here te transformeer, te red (te redeem), want ons kultuur het ook verkeerde elemente. Daarom moet ons ons kultuur goed verstaan.

Here, dankie vir my kultuur en al die mooi dinge wat ek om my beleef. Help my om U in my kultuur en konteks in te dra, om vir U ‘n verskil te maak! Amen.

Betrek jou kultuur, beïnvloed jou kultuur!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –