Forum 2.0

3828 Soos Jesus in die wêreld


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Joh 1:9-10 NAV

Hoe leef ons as Christene in die wêreld? Ons leef soos Christus in die wêreld geleef het! Christus het namens God gestaan, Hy het vir die waarheid getuig, Hy het mense liefgehad en gehelp. Hy was onskuldig en opreg. Ongelukkig was Christus té onskuldig, té opreg, té eerlik en té goed vir hierdie wêreld – daarom het die wêreld Hom verwerp. In die wêreld is immers ook die slegte, die oneerlike, die valse – die sondige. Nogtans was Jesus bloot Homself in die wêreld, al moes Hy die prys betaal. Jesus het gesê sy volgelinge kan dieselfde behandeling verwag. Net soos Hy, egter, kan ons nie anders wees as wie ons is nie: kinders van God deur sy genade en liefde, uitverkoop aan een missie: om Hom te behaag, eerder as mense. Moet dus nie aan die wêreld se druk of verwagtings toegee nie. Bly goed doen, bly liefde bewys, bly by die waarheid. Hou aan om die regte ding te doen – al gebeur wat!

Here Jesus, help my om u lig in die wêreld te skyn. Help my ook om wys te wees in alle omstandighede. Amen.

Wees ‘n lig in die donker!

 

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –