Forum 2.0

3830 Ken die vyand


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val. Luk 10:18 NAV

Ons moet bewus wees van die sielevyand, die Bose – die duiwel. Nie oorbewus nie, net bewus. Waar kom hy vandaan? Wel, volgens die Bybel is die Satan ‘n geskape wese, soos die engele. Volgens die Bybel het die Satan se boosheid by homself begin, toe hy besluit het om in opstand te kom. Daarop is hy uit die hemel uitgewerp, saam met sy onderdane, die onreine geeste. Dis belangrik om te weet dat Satan nie bloot God se teenoorgestelde, sy teenpool is nie. Nee, Satan staan onder God. God het hom gemaak en God sal hom weer tot niet maak. Sy mag is beperk. Terwyl die mens egter ‘n keuse moet uitoefen is die Satan daar om die verkeerde keuse aan te bied. In die Bybel is die Satan die VERLEIER en die MISLEIER, die een wat ons toets. As ons voor ‘n keuse staan, hoor ons twee stemme: die wil van die Vader en die stem van die slang. Ons mag nie na sý stem luister nie!

Vader, ek wil net U stem hoor!  Help my om alle ander stemme reg te onderskei. Amen.

Herken die stem van die Satan!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –