Forum 2.0

3836 Dooies en mediums


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Mense sê julle moet mediums en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie? Waarom sou 'n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg? Jes 8:19 NAV

Volgens Deuteronomium 18:10-12 bestaan die terrein van die Bose – die sogenaamde okkulte – uit alle waarsêery en fortuinvertellery, alle towery en goëlery, asook alle mediumisme en spiritisme. Dis vir ons heeltemal verbode om dooies of geeste te raadpleeg, om séances by te woon of in enige vorm geeste op te roep.  “Glasie-speel” is byvoorbeeld nie ‘n speletjie nie, maar ‘n gevaarlike praktyk om met geeste te kommunikeer. Ons besoek ook nie mediums om met ‘n dooie in aanraking te kom nie. Ook dit wat populêr as channelling bekend staan, of TV-programme waarop boodskappe van dooies deurgegee word is mediumisme. Dis verkeerd. Dis waar dat die hele veld van die okkulte deurspek is met valsheid en bedrog en dat onkundige of desperate mense so ingeloop word, maar dis des te meer rede om dit te vermy. Ons staan nét by die Here, ons loop nét ‘n oop en eerlike pad. Ons het niks met die duisternis te doen nie – ons wandel nét in die lig!

Hemelse Vader, bewaar my van alles wat verkeerd is. Ek vertrou op U alleen. Lei my alleen deur u Heilige Gees! Amen.

Vermy alle spiritisme radikaal!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –