Forum 2.0

3837 Jou huis vir Hom


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

Jy moet hulle afgodsbeelde verbrand. Moenie die silwer en goud wat aan die beelde is, begeer en vir jou vat nie. Jy kan daardeur in 'n valstrik trap: die afgodsbeelde is afskuwelike goed in die oë van die Here jou God. Deut 7:25 NAV

Ons moet ‘n goeie balans handhaaf as dit by die okkulte kom. Ons moet nugter bly. Die doel is nie dat ons in vrees leef, oorbehep raak met die Bose of die duiwel agter elke bos sien nie. O nee – dis die ander uiterste wat ons moet vermy. Nie alles is verkeerd nie! Ons is inderdaad vrygekoop in Jesus’ Naam en moet in vryheid leef, nie in vrees nie. Nogtans moet ons nie dom wees nie. Vermy dit wat patent verkeerd is. Fokus jou lewe so op die Here dat daar nie nog plek is vir allerhande verkeerde dinge ook nie. Rig jou huis so in dat elkeen wat daar inkom kan sien wie daar gedien word! Laat dit wat teen jou mure is getuig van die Meester. Kyk na jou boekrak. Dis ook nie nodig dat daar allerhande afgodsgoeters rondstaan nie. Ja, ons leef ons lewe vry, maar ons leef so dat Hý geëer word. Wy jou hele huis, jou gesin, jou lewe aan Hom!

Here Jesus, my huis staan vir U oop! Help my dat elkeen wat by ons instap dit ook kan sien. Amen.

Laat alles in jou huis Hóm eer!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –