Forum 2.0

3840 Verstaan die aanval


Ons huidige "vlagskip-kursus" is IN PRAKTYK, wat gaan oor die Christen se alledaagse lewe. Hoe eet 'n Christen, hoe bestuur hy, hoe vergader hy - hoe "baklei" hy met sy vrou? O ja, die Bybel het baie hieroor te sê! Genoeg teorie - kom ons raak nou prakties! Vir volle inligting kliek hier.

En hy (die duiwel) staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. Joh 8:44b NAV

Die vyand se vernaamste werk is om ons te versoek, te verlei en te mislei. Ons moet egter verstaan HOE die Bose te werk gaan om ons aan te val. Let op: die vyand het veral een strategie, naamlik die LEUEN. Jesus sê hy is die “vader van die leuen”. As hy praat, praat hy leuens, of halwe waarhede – soos in die paradys. Met die leuen probeer hy VREES, MISLEIDING, SONDE en SKADE bewerkstellig. Hy wil veral ons vertroue in die Vader aftakel, ons verhouding met die Here verwoes. Ons taak is om hierdie aanslag te herken en te weerstaan. Hoe? Wel, deur sy leuens te identifiseer en te vervang met die waarheid, deur hom nie vrees nie, maar te bestraf in Jesus’ Naam – deur nie toe te gee aan versoeking nie, maar eerder ons verhouding met God te versterk en te verinnig. Wees dus gereed en wees weerbaar. Jy hóéf hom nie te vrees nie – onthou, sy aanval is gebaseer op ‘n leuen. Ontmasker sy valsheid!

Here Jesus, help my om die vyand in u Naam te oorwin. Help my om, deur die Gees van die Waarheid, sy leuens te ontmasker. Amen!

Verstaan die aanval, weerstaan die aanval!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –