Forum 2.0

3865 Christus, die Woord

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. Joh 1:1-3 NAV

Die Jode het geglo dat God nie direk met die wêreld omgaan nie, omdat Hy te heilig is, maar dat Hy sy “Woord” of Logos – ‘n aparte verskyning van Homself – daarvoor gebruik. Deur sy Logos het Hy die wêreld gemaak en gaan Hy met die wêreld om. Johannes sluit by hierdie geloof aan, maar hy sê hy ken daardie Logos, hy’t met Hom gepraat – trouens, hy het drie jaar met Hom geleef! Hy praat van Christus, natuurlik. Hy sê Christus is God se “Woord” wat Hy tot die mens gespreek het. Als wat God vir ons wou sê, het Hy in Christus gesê! Johannes maak hiermee ‘n abstrakte konsep baie konkreet. Vir hom gaan dit nie oor filosofie nie, maar oor ‘n persoon – een wat hy persoonlik geken het! Ons hoef ook nie te filosofies oor God dink nie, maar prakties. As ons wonder hoe God is, hoef ons nie teoreties te raak nie. Ons kan Hom persoonlik ontmoet. Sy Naam is Jesus!

Onmeetlike God, dankie dat U tot ons ‘n Woord gespreek het: Jesus Christus. Dankie dat ons U deur Hom kan ken! Amen.

Hoor God se Woord: Jesus Christus!

 

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –