Forum 2.0

3872 Jesus, meer as ‘n mens

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Joh 1:14 NAV

Ja, Jesus was ‘n gewone mens, maar ook veel meer. Hy was buitengewoon! Johannes, wat Jesus van kinderjare af geken het, getuig dat hulle sy “heerlikheid” beleef het, sy “genade en waarheid”. Daar was iets spesiaals aan Jesus. Dalk het Hy ‘n vrede om Hom gehad? Dalk het Hy met goddelike gesag gepraat? Dalk was daar liefde in sy oë? Jesus was anders! Is dit omdat Hy geen aardse pa gehad nie? Jesus doen wonderlike dinge: Hy genees die siekes, Hy maak die storm stil, Hy loop op water, Hy maak dooies lewend. Die duiwel wyk vanuit sy teenwoordigheid. By geleentheid verander sy voorkoms en skyn Hy soos die son. Wie was hierdie mens?  Hierdie mens was God-se-mens op ‘n missie om ons te help! Hierdie Jesus, wat gesê het “ek is met julle tot aan die einde”, is by ons – by my en jou. Met sy heerlikheid, in sy genade en waarheid staan Hy vandag langs jou. Kyk op in sy oë: sien sy liefde!

Dankie, Here Jesus, dat U in U heerlikheid en krag en genade by my is. Die vyand moet voor U teenwoordigheid wyk! Amen.

Beleef Jesus se teenwoordigheid!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –