Forum 2.0

3875 Verlosser en verlossing

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” Mat 1:21 NAV

Toe Maria se seuntjie gebore is, gee hulle hom die Bybelse naam Joshua, wat beteken “die Here verlos”. Joshua is natuurlik soos ons dit in Afrikaans sê – in hulle eie taal het Maria Hom Jeshúa genoem. In die Nuwe Testament kry ons dit weer net in die Griekse vorm: “Jesus”. Dis asof Jesus die betekenis van sy naam ter harte neem, want mettertyd hóór Hy die Vader se roeping, néém Hy daardie rol op en WORD Hy die Verlosser – deur aan die kruis vir ons te sterf. Ons, sy volgelinge, glo en wéét dat Hy die Verlosser is, want ons beleef sy verlossing in ons hart! Ons ervaar immers die Vader se vergiffenis en vrede en liefde en ondersteuning! Wat, ervaar jy dit nog nie? Onthou, Jesus verlos almal wat sy verlossing in geloof aanvaar. Vra dit dus eenvoudig en opreg en aanvaar dan dat jy verlos is. Nou kan jy dit maar in jou hart ook beleef: wees dankbaar en tevrede, wees bly! Jubel, jy’s ‘n verloste!

Dankie, liefdevolle Verlosser, dat U ook vir my verlos. Ek neem dit in geloof aan!  Amen.

Neem jou verlossing van Hom!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –