Forum 2.0

3884 Geloof vat die hand

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. Joh 6:40 NAV

Geloof is ‘n reaksie, eerder as ‘n aksie. Ons kan eers glo as God Homself aan ons openbaar het – as ons iets van Hom beleef het: hetsy in die natuur, die Woord, ‘n preek, ‘n gesprek of  dalk in sekere omstandighede. HY neem altyd die inisiatief: HY werk in ons lewe, HY sit sy hand op ons skouer en HY klop aan ons hart deur sy Gees. Eers as ons sy hand op ons voel, sy stem hoor, kan ons omdraai of die deur oopmaak. Dit geld ook vir ons hele geestelike lewe: hoe meer ons van Hom beleef, hoe meer kan ons in geloof reageer en in geloof groei. Sien dit so: ‘n bedelaar vat die geld wat vir hom gegee word, ‘n drenkeling gryp die arm van die lewensredder vas, iemand teen die grond neem die hand wat hom wil ophelp. Onthou: HY is die Gewer, die Redder, die Helper. Besef jy dat Hy sy hand na jou toe uithou? Vat dan sy hand!

Here Jesus, ek hoor inderdaad U stem, die klop aan my hart. Ek sien U hand in my lewe. Wat is u wil vir my? Amen.

Reageer op God – in geloof!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –