Forum 2.0

3885 Geloof glo Iemand

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie. Joh 6:35 NAV

Geloof is ‘n reaksie op God, het ons gesê. Soms wil ons ons geloof op IETS fokus: dat iets spesifieks gaan gebeur, dat die Here gaan ingryp, dat ons gered is of so meer. Ander kere sien ons geloof weer as sekere waarhede of dogmas wat ons verstandelik moet aanvaar. Hierdie dinge is wel deel van die saak, maar die wese van Bybelse geloof gaan nie oor iets nie, maar oor IEMAND. Geloof vertrou Iemand, ‘n Persoon: Jesus Christus! Omdat ons Hóm uit die Woord leer ken het, vertrou ons Hom. Ons weet Hy’s regverdig en genadig, betroubaar. Daarom vestig ons ons hoop en verwagting op Hom. Dís geloof! Omdat ons Iemand glo, is geloof altyd ‘n verhouding. Dit gebeur immers tussen twee persone: ek en die Here. Geloof sonder verhouding is eintlik geen geloof nie. Groei eerder in verhouding met Hom: dan sal jy sien hoe jou geloof ook groei!</strong>

Here Jesus, dankie vir die voorreg van ‘n verhouding met U. In daardie verhouding vind ek alles wat ek ooit nodig mag hê! Amen.

Moenie iets glo nie, glo Iemand!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –