Forum 2.0

3886 Geloof vertrou volkome

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. Joh 6:37 NAV

Ons dink soms dat geloof iets is wat ons moet opwerk, ‘n inspanning van die wil om regtig, regtig te glo iets gáán gebeur. Dit maak van geloof ‘n werk, ‘n plig. Geloof is egter nie ‘n werk nie. Dis ‘n vertroue op God wat werk! In daardie sin is geloof eintlik ‘n oorgawe – ‘n loslating. Dink aan ‘n persoon wat op ‘n stoel wil gaan sit. Hy mag hard glo dat die stoel hom kan dra, maar so ‘n geloof is eintlik net ‘n teorie. Ware geloof (in die stoel) sou beteken om daarop te gaan sit – om sy gewig daarop te verplaas. As hy dalk op ‘n manier nie sy volle gewig op die stoel neerlaat nie, vertrou hy dit nog nie volkome nie. Kan jy sien dat sy geloof ‘n oorgawe aan die stoel behels, by wyse van spreke – die loslating van sy beheer? So is ons geloof ook ‘n volkome vertroue op God, totale oorgawe. Weet jy wat? Jy KAN Hom maar volkome vertrou!

Ek vertrou U volkome, Here, want U is betroubaar. Doen wat U wil doen. U weet die beste! Amen.

Vertrou God vandag volkome!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –