Forum 2.0

3893 Wees 'n vredemaker

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Mat 5:9 NAV

Jesus gee ons SY vrede, sê Hy – nie die vrede wat die wêreld gee nie, maar diep en blywende vrede. Nou moet ons daardie vrede verder aangee. Onthou, ons is God se instrumente in die wêreld. Hy wil DEUR ons werk! As Hy ons seën, bedoel Hy dat ons sy seën met ander sal deel. As ons liefde ontvang het, moet ons daardie liefde verder deel, in sy Naam. Omdat ons vergewe is, moet ons weer ander vergewe. Verstaan jy? Ons word geroep om God se instrumente van vrede te wees, op ‘n baie praktiese manier. Wees JY dus die een wat vrede maak! Onthou dat vrede nie is om verkeerdhede te ignoreer nie, maar om dit reg te stel. Werk vir versoening, vir verhoudings. Soek die geweldlose opsie in ‘n gewelddadige wêreld. Wees radikaal anders – begin dink soos Jesus. Ja, wees ‘n vredemaker! Dan sal jy geseënd wees, sê die Here. Ja, jy sal waarlik sy kind wees, want daar was nog geen Vredemaker soos Hy nie!

Here Jesus, help my om U vrede deur te gee aan ander. Help my om ‘n vredemaker te wees, ‘n versoener. Ek weet dat dít goddelike werk is! Amen.

Maak vrede waar jy gaan!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –