Forum 2.0

3896 Konfronteer die konflik

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin volgende week. Leer die praktyke van 'n Geesvervulde lewe! Kliek hier vir meer info.

As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. Mat 18:15-16 NAV

Vir Jesus is dit belangrik dat ons met mekaar sal versoen, so ver as moontlik. As ons dus verkeerd opgetree het teenoor iemand, moet ons dit gaan regmaak. Jesus se beginsel is altyd dat ons nie konflik sal vermy nie, maar sal konfronteer. Moenie net hoop ‘n onenigheid waai oor nie – sorteer dit uit! In hierdie verse spel Jesus uit hoe ons moet optree as ‘n ander teenoor óns oortree het. Hy verwys sekerlik nie na elke nietigheid nie, want ons moet ook leer om klein oortredings eenvoudig met liefde te “bedek”. As dit egter gewigtig is, moet jy dit probeer oplos. Gaan met die regte gesindheid en sê: Ek voel so en so omdat dit en dat gebeur het... Verstaan ek dit reg? Het ek dalk verkeerd opgetree? Wees eerlik en opreg. Gaan weer en weer – en neem ander saam – totdat julle by versoening kon uitkom! As die ander een weier om te versoen, het jy ten minste probeer. Dan is jou gewete skoon!

Here Jesus, help my om onenigheid te probeer oplos. Help my om met die regte gesindheid te gaan. Ek wil dinge regmaak! Amen.

Probeer onenigheid oplos!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –