Forum 2.0

3906 Val, maar staan op

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig. Spr 24:16 NAV

Ons geestelike groei vind nie gelykmatig opwaarts plaas nie. Nee, dit gebeur met rukke en stote, in seisoene, gepunktueer deur krisisse of groot gebeurtenisse. Dikwels is dit teenspoed of probleemtye wat ons na die Here toe dryf, wat ons die diep lesse leer. Voorspoed, daarenteen, is dikwels sleg vir die geestelike lewe. Soms groei ons deur spesifieke ervarings met God, wat ons in nuwe dimensies inlei, maar ander kere groei ons deur geestelike dissiplines: ritmes en gewoontes wat ons op God gefokus hou. As ons geestelik struikel is dit gewoonlik as gevolg van versoekings. Wat doen ons as ons dan geval het? Wel, ons staan bloot weer op! Wat anders? By die Here is daar altyd ‘n nuwe begin – Hy breek ‘n geknakte riet nie af nie! Het jy geestelik misluk, het jy teruggeval? Het jy vandag berou daaroor? Neem dan jou belydenis na die Here toe en ontvang sy vergiffenis. Staan dan op en gaan weer aan. Verhoed egter dat jy val, hoor. Vermy versoekings. Sonde is gevaarlik!

Hemelse Vader, ek bely dat ek met sonde worstel. Dit gaan vir my steeds oor my eie behoeftes en begeertes. Help my om totaal oorgegewe te leef! Amen.

Staan op en gaan aan!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –