Forum 2.0

3907 Wie word jy?

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Rom 8:28 NAV

Geestelike groei is ‘n proses. Dit duur jou lewe lank. Trouens, God gebruik alles in jou lewe – die goed én die sleg – om by te dra tot jou geestelike groei. Jy kan maar sê jou LEWE is die kurrikulum wat jy moet volg, die program wat jy moet deurwerk om te word wat jy moet word. Ons moet dus baie bewus leef, baie bedag wees op wat gebeur en waarom. Ons moet ons WORDING in gedagte hou, dat God besig is om met ons te werk en ons te verander tot voorwerpe van eer. As ons dus teenspoed en probleme beleef, moet ons vra: Here, waarmee is U besig? Wat is u doel, watter lesse moet ek leer? Eweneens, as ons seën of voorspoed beleef, moet ons God se werk probeer onderskei, sodat ons sinvol daarby kan aansluit. Op die manier groei ons in SY wil in, word ons gevorm en gemaak, word ons wat Hy beoog. Op die manier werk alles ten goede mee!

Teenwoordige Here, waarmee is U besig? Wat wil U hê moet ek tans leer? Hoe kan ek sinvol daarby aansluit? Hoe kan ek U eer? Amen.

Let op jou wording!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –