Forum 2.0

3913 ‘n Lewe sonder regte

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen. Luk. 17:10 OAV

Ons leef in ‘n wêreld waarin klem gelê word op ‘n individu se regte. Basiese menseregte definieer die reg tot vryheid en veiligheid, godsdiens en opinie, stemreg, eiendomsreg, kinderregte en vele meer. Alhoewel dit mag wees dat ons vir die sosiale orde in die wêreld so iets moet uitstippel, leef ons in die koninkryk van God nie op grond van regte nie. Inteendeel, ons lê ons regte in die wêreld af, ter wille van Christus. Kom ons spel dit uit: in die koninkryk is daar nie die REG op erkenning (of selfs ‘n dankie) nie. Daar is nie die REG om ‘n leier te wees, of gesag of glorie te bekom nie. Daar is nie die REG op ‘n bediening nie. In die koninkryk is daar nie ego’s nie. In die koninkryk is daar die VOORREG om te dien, die genade om gebruik te word. As ons nie dank ontvang nie, is dit nie lekker nie, maar ons dank lê nog voor. Wees vir eers maar net ‘n dienaar.

Here Jesus, help my om sonder regte of eise te leef. Help my om my ekkigheid te oorkom en net u dienaar te wees. Amen.

Lê jou regte af!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –