Forum 2.0

3916 Beheer of oorgawe

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

...omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper. Kol. 3:9b-10 OAV

Die doel van ons geestelike groei is om ons ekkigheid te oorkom – ons eiesinnigheid, ons eiewilligheid. Die selfsugtige en selfgesentreerde EK streef na aandag en eer, na beheer en mag. Soos ons egter geestelik vorder, besef ons dat ons nie werklik beheer het nie. Die Here is in beheer, nie ons nie! Geloof is dus om meer beheer aan God af te gee, meer op Hom te vertrou. In daardie sin is die geestelike pad ‘n pad van loslating, van beheer prysgee, van oorgawe. Dis ‘n nederige pad, ‘n afdraande pad. Op dáárdie pad verstaan ek my armoede en naaktheid, herken ek my valsheid en voorgee – weet ek hoe sterk ek nog smag na glorie en belangrikheid, na beheer en mag. Weet jy wat? Iewers kom ons by die punt dat ons ons “reg” tot besluitneming moet prysgee – oor ons eie lewe, ons toekoms, ons verhoudings, ons besittings. Iewers moet HY alles word en ons niks. HY is die doel, nie EK nie. Hoe moeilik is oorgawe nie!

Here Jesus, help my om die ekkige “ou mens” af te lê en my met die “nuwe mens” te beklee, wat meer soos U lyk. Amen.

Gee beheer aan Jesus af!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –