Forum 2.0

3919 Die eerste sonde – ooit

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val”. Luk. 10:18 NAV

Wat was die heel eerste sonde ooit? Die eerste sonde het in die hart van die Satan begin – lank voor die bestaan van die mens. Volgens oorlewering wou Satan, een van God se aartsengele, soos God wees – trouens, hy wóú God wees. Hy het gedink dat hy ‘n beter God as God kan wees. Watter hoogmoed en arrogansie! Die Satan se hoogmoed was dus die eerste sonde. Sy hoogmoed het tot sy ongehoorsaamheid gelei, tot rebellie, waarop God hom summier uitgewerp het. Daar kan immers net een God wees. So maak hoogmoed van ‘n engel ‘n duiwel. Daar is geen rede om te glo dat die Satan nie steeds die hoogmoedigste skepsel in die heelal is nie – hy is! Daarom sondig hy voort. Let wel, hoogmoed is steeds die eerste, en grootste, sonde. Hoogmoed weier om voor God te buig. Hoogmoed maak mooi mense lelik. Hoogmoed is van die duiwel.

Hemelse Vader, ek buig vandag weer voor U. Verhoed dat ek in die strik van die duiwel val – om hoogmoedig te word. Amen.

Verstaan waar sonde vandaan kom!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –