Forum 2.0

3920 Die eerste sonde – steeds

Doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Ons kleurvolle kursusse is kort, kragtig en relevant. Kies uit tientalle temas! Vir meer inligting, kliek hier.

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. Gen. 3:6 NAV

Die eerste sonde ooit is hoogmoed. Die Satan glo hy kan God se posisie inneem en probeer inderdaad om God te wees – die hoogmoedigste daad waaraan mens kan dink. Ook die mens se eerste sonde is hoogmoed. Adam en Eva wil die kennis hê wat God het en glo ook dat hulle God se opdragte maar kan ignoreer. Hulle sal sélf besluit. Die mens is steeds net so hoogmoedig. Hy dink hy weet die beste. Hy sien neer op ander mense. Sy lewe draai om homself en sy eie voordeel. Uit sy ekkigheid en hoogmoedigheid vloei al sy ander sondes. Liefdeloosheid, hebsug, jaloesie, skinder, twis, wellus, diefstal en bedrog het immers alles te doen met MY voordeel, MY belang. Die ergste is dat hoogmoed onafhanklikheid van God verklaar. Dit het God nie nodig nie. Dit buig nie voor Hom nie. Dit volg sy eie kop. Is ons hoogmoedig? Ja, ons is, maar ons is te hoogmoedig om dit te erken! Help ons, Here!

Hemelse Vader, ek is dikwels so selfgesentreerd. Ek sien so dikwels neer op ander. Ek volg so dikwels my eie kop. Vergewe my my hoogmoed! Amen.

Verstaan jou hoogmoed!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –