Forum 2.0

3973 Leef voor El Shaddai

1 Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: "Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik". Gen. 17:1 BDV

El Shaddai (die “Almagtige God”) is een van God se antieke name. Ons assosieer dit met die aartsvader-tyd: Abraham, Isak en Jakob. Dis hoe die Hebreërs eers hulle God genoem het. Die Naam Shaddai kom waarskynlik van die woord “sterk”, maar ander sê dit beteken “genoeg”. El Shaddai beteken Hy is genoeg, voldoende – Hy is die Genoegsame God. Buite Hom het ons niks nodig nie!

Dis mooi om te lees dat El Shaddai vir Abram sê om VOOR HOM te leef – “wandel voor my aangesig”, volgens die Ou Vertaling. Aangesien almal in elk geval voor God se blik leef, beteken hierdie opdrag iets meer. Dit beteken om BEWUSTELIK voor God se aangesig te leef, bewus van sy blik en sy teenwoordigheid – ‘n lewe wat God in ag neem. Dan moes hy “onberispelik” wees, volmaak en opreg – die mens wat God hom gemaak het om te wees. Hierdie opdragte geld ook vir ons. Let op: slegs deur naby El Shaddai te leef kan jy word wat jy moet wees!

El Shaddai, dankie dat U magtig is – almagtig! Dankie dat U vir my genoeg is. Dankie dat U u seën ryklik en oorvloediglik oor my uitgiet. In U het ek alles wat ek nodig het! Ek geniet dit om met U te wandel, Here. Maak my opreg en maak my heilig. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –