Forum 2.0

3974 In verbond met El Shaddai

11 Verder het God vir hom gesê: "Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, 'n skare van nasies, sal van jou afstam; selfs konings sal uit jou liggaam voortkom." Gen. 35:11 BDV

Jakob is Bet-el toe om ‘n gelofte aan God na te kom, waarop die Here toe sy verbond met hom herbevestig. Dit was nie ‘n nuwe verbond met Jakob nie, maar dieselfde verbond wat God reeds met sy grootvader Abraham gemaak het. Jakob moes bloot weer gehoorsaam word daaraan. Daarop antwoord God hom, amper soos met Abraham: Ek is El Shaddai. Jy sal ‘n groot nasie word, ens. Die verbond was herstel!

Deur die geloof is ek en jy deel van presies dieselfde verbond. Sien dit so: ek en jy is in ‘n persoonlike verbond met El Shaddai! Neem jou verbond met die Almagtige baie ernstig op: Hy sal sy kant bring, maar jy moet ook jou kant bring. Hy eis gehoorsaamheid en volkome toewyding. Jou lewe behoort aan HOM. Hy, weer, sal jou seën. Al sy beloftes aan jou sal waar word. ‘n Verbond met El Shaddai moet jou egter groot vrede gee, want Hy – jou verbondsgenoot – is ALMAGTIG!

Almagtige God, dankie dat U my, in al my gebrokenheid, waardig ag om in ‘n verbond mee te gaan. Dankie dat U my God is en ek u kind! Ek wil u voorwaardes nakom, Here, maar kom my te hulp. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –