Forum 2.0

3975 Die grootheid van Shaddai

7 Kan jy die geheimenisse van God ontrafel, of tot die volmaaktheid van die Almagtige deurdring? 8 Dit is hoër as die hemel - wat kan jy vermag? Dit is dieper as die doderyk - wat kan jy weet? 9 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see. Job 11:7-9 BDV

Job kla oor die onregverdigheid van sy teenspoed. Dan vra sy vriend, Sofar, vir hom hierdie moeilike vrae: Ken jy werklik Eloha se geheime? Kan jy sy gedagtes ontrafel? Kan jy tot by Shaddai se volmaaktheid deurdring, kan jy dit peil? Besef jy dat sy hoogte, diepte, lengte en breedte die heelal vul? Dis goeie vrae! Ek en jy stuit eweneens voor God se grootheid. Ons is stom voor sy misterie. Ons verstaan net wat ons brein hoegenaamd kan verstaan, en ook net dit wat God aan ons openbaar het.

Wat kan ons dan doen in die teenwoordigheid van Shaddai se grootheid? Daar is drie dinge:

  1. Kom ons hou op om God te probeer verklaar. Sê eerder jy weet nie, want dis die waarheid.
  2. Kom ons fokus eerder daarop om te vertrou. Ons hoef nie te verstaan om te vertrou nie!
  3. Kom ons swyg meer in sy teenwoordigheid. Tyd met Hom is meer werd as ons woorde aan Hom, wat Hy in alle geval reeds ken!

El Shaddai, dankie dat U so groot is dat ek U nie verstaan nie! U is immers God en ek is ‘n mens. Help my om nie vermetel te wees in wat ek dink ek van U weet nie. Help my om stil en rustig voor U te wees, soos ‘n kind by sy moeder. Dit is genoeg. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –