Forum 2.0

3976 In die skadu van Shaddai

1 Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, hy want in die skaduwee van die Almagtige oornag, 2 sê vir die HERE: "My skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou!" Psalm 91:1-2 BDV

Die mooiste verse! Die psalmis sê gelowiges KAN gaan skuil by Eljon, ons KAN “oornag” by Shaddai. Ons KAN! Eljon is God-die-Allerhoogste, wat ver verwyder is van ons probleme, en Shaddai is God-die-Almagtige, by wie alles moontlik is. Kyk hoe intiem praat die gelowige dan met sy God: “U is my toevlug en veilige vesting, my God op wie ek vertrou”. Dis die taal van ‘n persoonlike God en ‘n persoonlike verhouding. Dis die taal van persoonlike geloof.

Wonder jy waar jy die beskutting van Eljon kan vind, of die skadu van Shaddai? Wel, jy sal daardie skuiling, daardie veilige vesting, in jou persoonlike verhouding met God vind. Jy sal dit op jou knieë vind, in jou gesprek met Hom, in sy Woord, in jou luister na sy stem. Jy sal dit vind as jy in die nagte voor Hom bly met jou vrae en jou vertroue. Dáár sal jy besef JOU God is die Allerhoogste, die Almagtige. Dáár is jou troos en jou toevlug!

Allerhoogste en Almagtige, dankie dat ek by U kan wegkruip. Dankie dat U my hoog optel en my u perspektief gee. Dankie dat U magtiglik kan ingryp in hierdie situasie. Ek vertrou U volkome, want U is MY God. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –