Forum 2.0

3978 Onder jou die ewige arms

27 Die God van die voortyd is 'n skuilplek, en onder jou is ewige arms. Hy het vyande voor jou verdryf en gesê: 'Delg uit!' Deut. 33:27 BDV

Moses het voor sy dood, hier aan die einde van Deuteronomium, die stamme van Israel geseën. Dan sê hy vir die hele volk dat hulle God betroubaar is en hulle sal bewaar. Moses noem Hom Elohe Kedem, “God van ouds” (God of old) – die Een wat al die eeue reeds hul God is. Daardie God, Elohe Kedem, sal hulle skuilplek wees. Hy sê dat daar “ewige arms” onder hulle is – hoe mooi! Met daardie woorde het Moses hulle verlaat en is nooit weer gesien nie. Deuteronomium sluit af om te sê dat daar geen groter profeet as Moses was nie. “Hy het God persoonlik geken.” Watter getuigskrif!

Soms struikel ons, nie waar nie? Die geestelike lewe is soms maar op en af. Selfs Moses was soms humeurig, ongelowig of beangs. Soms voel ons bloot verlore, ongenoegsaam, ongefokus, onbekwaam. Voel jy ook soms so? Weet dan dit: die ewige arms is onder jou! Jy sal nie ver val nie: genade sal jou weer oprig!

God van die voortyd, U is nog dieselfde God. U is steeds ‘n skuilplek, U arms ondersteun ons steeds elke dag! Dankie dat my hele lewe en my hele toekoms by U veilig is. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –