Forum 2.0

3979 God het twee kante

18 Om dié rede wag die HERE om aan julle genade te betoon; om dié rede rig Hy Hom op om Hom oor julle te ontferm. Want die God van reg is die HERE; gelukkig is almal wat op Hom wag. Jes. 30:18 BDV

Jesaja waarsku die Judeërs oor hulle sonde en die gevolge wat dit vir hulle sal inhou. Hy hou egter ook God se uitnodiging aan hulle voor. Hy sê die Here is totaal gereed om hulle te vergewe. Hy wag net op hulle om na Hom te kom! Let op hoe God se geregtigheid en genade saamloop. God is hier Elohe Mishpat, die “God van die gereg” (God of judgement). Hy’s ‘n absoluut regverdige Regter, met ander woorde, en sy geregtigheid het twee kante: straf vir ongehoorsames en genade vir die wat hulle bekeer.

Ja, met God is daar hierdie twee kante! Die wat nederig na Hom toe kom, vind ‘n genadige en geduldige God, vergewensgesind en liefdevol. Die wat egter opstandig bly, die wat Hom teëgaan, sal hulle vasloop in ‘n gevaarlike Teenstander, ‘n onverbiddelike Regter. Die Skrif sê daar lê ‘n Oordeel voor en daardie Oordeel sal straf insluit. Jy kan egter nou reeds by God genade gaan haal. Hy wag net op jou om te kom!

Dankie, genadige Regter, dat Jesus Christus my straf aan die kruis gedra het. Dankie dat ek op grond daarvan vergiffenis kan ontvang. Dankie, hemelse Vader, dat U my só liefgehad het, en steeds het. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –