Forum 2.0

3981 ‘n God van naby en van ver

23 "Is Ek net 'n God wat naby is," is die uitspraak van die HERE, "en nie ook 'n God wat ver is nie? 24 Of kan iemand in geheime plekke wegkruip, en Ek hom nie sien nie?" is die uitspraak van die HERE. "Vul ek nie die hemel en die aarde nie?" is die uitspraak van die HERE. Jer. 23:23-24 BDV

Jeremia vaar uit teen die valse profete. Hulle sus die mense, terwyl hulle hul moes waarsku. Hulle sê alles is reg, terwyl alles verkeerd is! Jeremia sê God sien dit raak. Hy is Elohe Mirakov, ‘n “God wat naby is”. Hy is intens teenwoordig, intens betrokke. God is egter ook ‘n God wat ver is. Hy vul die hemel en die aarde. Hy bepaal die lot van volke en nasies. Niemand kan van sy blik ontsnap nie.

God is steeds dieselfde! Ons glo werklik dat Hy ín hierdie hele heelal is, van hoek tot kant, van gister tot môre. Hy is deel daarvan. God is egter ook óór die hele heelal, afsonderlik daarvan, in beheer daarvan. Dan is Hy ook naby: intiem naby, in ons, deel van ons. Sý Gees vestig Hom in óns gees. Ja, Hy is nader aan ons as ons eie asem. Wil jy Elohe Mirakov vind? Maak toe jou oë. Word stil. Fokus inwaarts. Hy is dáár, daar in jou hart!

God-wat-naby-is, dankie dat U altyd by my is. Dankie dat U Uself deel van my gemaak het, deur u Gees. Werk in my hart, verander my van binne na buite, tot u eer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –