Forum 2.0

3982 Die Redder, my Redder

47 Die HERE leef! My Rots moet geprys word. Die God wat my red, is verhewe! Psalm 18:47 BDV

Dawid jubel omdat die Here hom van sy vyande verlos het. Hy loop oor van vreugde! Hy noem die Here nou Elohe Jishi – die “God van my redding”. Daar is verskeie name vir God wat Hom as Redder beskryf, maar Dawid maak dit heeltemal persoonlik. Hy noem God SY Redder, SY Rots. Hy het God se redding immers persoonlik beleef.

Ons moet ook nie tevrede wees met wat God oor die algemeen doen, of teoreties doen nie. Ons moet ontdek wat God persoonlik doen, prakties doen – vir ons doen! Ons moenie net hoor van ander se ervarings met God nie, maar ook kan vertel van ons eie wandel met Hom. Pak die avontuur van ‘n lewe met God persoonlik aan! Gee jou lewe aan Hom, word gehoorsaam en leef in verhouding met Hom. Kommunikeer met God deur gebed en sy Woord. Ervaar hoe Hy jou lei, jou bemoedig, jou beskerm en vir jou voorsien. Dan sal jy ook self JOU Redder, JOU Rots prys!

Hemelse Vader, dankie dat U Elohe Jishi, my Redder is. Dit is my persoonlike waarheid en ervaring! Help my om my hele lewe in noue verhouding met U te leef, in Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –