Forum 2.0

3984 Loof die God van lof

1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. O God, aan wie my lof toekom, moet U nie doof hou nie; 2 want die monde van goddelose mense, ja monde vol bedrog, is wyd oop teen my – hulle beskuldig my met tonge wat lieg. Psalm 109:1-2 BDV

Dawid se vyande het ‘n reeks ontstellende vloeke oor hom uitgespreek. Hy pleit dus by die Here dat Hy dit moet omkeer en eerder na sý gebed en sý lof let. Hy noem die Here Elohe Tehilati, die “God van my lof”. Nadat hy al die slegte dinge wat hulle vir hom toewens voor die Here uitgestort het, beloof hy weer sy trou, sy verwagting en sy lof aan God: "Met my mond sal ek die HERE met oorgawe loof, tussen baie mense sal ek Hom prys".

Ek en jy moet ook leer om God in alle omstandighede te loof. As die dag sleg verloop, loof die Here. As mense jou benadeel of beledig, loof die Here. As jy gefrustreerd is, of wil kla of huil of skree – loof die Here! Lof belyn ons dadelik weer met God, dit bring ons weer op die plek van geloof. Dis waar dat ons emosioneel eerlik moet wees, maar ons moet ook gelowig wees: loof die Here, want Hy is in beheer!

Elohe Tehilati, hoor my lofprysing aan. U is altyd groot en goed en genadig! U is in beheer van my lewe. U is volkome betroubaar. Mag my woorde en dade vir U welbehaaglik wees, o Heer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –