Forum 2.0

3993 Die asem van sy Naam

14 God sê toe vir Moses: "Ek Is Wie Ek Is." Hy sê toe ook: "So moet jy vir die Israeliete antwoord, 'Ek Is het my na julle gestuur.'" Eks 3:14 BDV

God se Naam, “Ek is”, kom na ons as vier medeklinkers, JHWH. Die Hebreeuse skrif het eers net medeklinkers gehad. Ons het self klinkers bygevoeg – op linguistiese gronde – en sê tans Jahweh. Kenners het egter opgelet dat hierdie medeklinkers lang asemklanke is. Dit, gekoppel aan die feit dat die Hebreeuse woord “is” teruggaan na die woord “asem”, laat sommige sê dat God se Naam klanknabootsend is. Dit klink soos ons asemhaling! Inderdaad, as mens die medeklinkers net so sê, klink dit soos asem, soos wind: j-h-w-h. Ook die woord Jah-weh klink soos om in- en uit te asem.

Vir sommige is dit baie gepas. Dan is God se Naam nie net ‘n naam nie, maar die feit dat ons in Hom bestaan, dat ons lewe en asemhaal. Dan beteken dit dat elke asemteug God se Naam sê, dat elke baba Hom noem as hy sy eerste asemteug neem, dat elke sterwende Jahweh sê as die laaste daad wat hy ooit kan doen. Hy-wat-bestaan is immers ook die bron van jóú bestaan!

God-wat-bestaan, dankie vir u Asem, u Gees wat in my is. Ek bid dat elke asemteug ‘n gebed sal wees, dat my hele bestaan U sal eer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –