Forum 2.0

3997 Aanvoerder van alle magte

45 Maar Dawid het vir die Filistyn gesê: "Jy kom na my met 'n swaard en met 'n vegspies en met 'n kromswaard, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE, Heerser oor alle magte, die God van die gevegslinies van Israel, van wie jy 'n bespotting maak.” 1 Sam 17:45 BDV

Die Here se Naam, Jahweh, kombineer met baie woorde in die Skrif om nog name te vorm. Een van die oudstes in die verband is Jahweh Sewahot (of Sabaoth), die “HERE van die Leërskare” – Lord of Hosts. Die term word gebruik om God se mag te beklemtoon, want dit beskryf Hom as ‘n leëraanvoerder, ‘n generaal. Hy is die hoofaanvoerder van Israel se leërs, maar ook van die ontelbare engeleskaar. Hier sien ons hoe Dawid die reus in die Naam van die “HERE, Heerser oor alle magte”, aanval en doodmaak. Goliat se bespotting van Jahweh Sewahot het hom sy dood gekos.

Soos Dawid moet ons ons eie reuse konfronteer en ons eie stryd stry. Daar IS ‘n sielevyand en daar IS ‘n aanslag! Die Bybelse feit is egter dat Jahweh Sewahot ín ons stryd is. Trouens, die stryd teen die Bose is sý stryd, nie ons s’n nie. Dis ‘n stryd wat Hy sál wen - dit kan nie anders nie! Neem dit vandag as ‘n belofte.

Here van die Leërskare, dankie dat U in my stryd is. Dankie dat U elke stryd wen! Hoe kan ek in hierdie stryd tot u oorwinning bydra? Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –