Forum 2.0

4016 Die Here van voorsiening

14 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word. Gen. 22:14 OAV

Abraham hoor dat hy sy seun moet offer – sy enigste, sy geliefde, deur wie die verbond moes loop. Dis totaal onverstaanbaar, maar hy neem Isak en vertrek na die berg Moria, omtrent drie dae se reis. Drie vreeslike dae! Toe Isak vra waar die offerande dan is, kon Abraham net sê dat die Here dit sal voorsien. Eers toe sy mes al in die lug was om Isak te dood, voorsien God ‘n ram om in sy plek te offer. Dankbaar noem Abraham die plek Jahweh Jireh, “die Here voorsien”. Wat ‘n verligting!

Dis belangrik om te weet dat Moria die berg Sion is waarop die tempel later gebou is, in Jerusalem. Net daar, duisende jare later, het God ‘n ander offer verskaf – aan die kruis – sodat ek en jy, die kinders van sy verbond, nie hoef te sterf nie. God het voorsien! Nou leef ons soos mense wie se lewe gespaar is, wat ‘n tweede kans kry. Gryp die lewe aan wat Jahweh Jireh jou bied!

Hemelse Vader, dankie dat U so volkome vir my voorsien. Dankie dat ek vir hierdie lewe en vir die ewige lewe alles het wat ek ooit kan nodig hê. Ek maak volkome op U staat! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –