Forum 2.0

4044 Sy Engel en sy engele

11 Daarna het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terebintboom by Ofra, wat aan Joas van die familie van Abiëser behoort. Sy seun Gideon was juis besig om koring uit te slaan in die parskuip, om dit vinnig teen die Midianiete te beveilig. Rigt. 6:11 BDV

In die Ou Testament, veral aan die begin rond, kom ons af op die enigmatiese figuur van die Malak Jahweh, die “Engel van die HERE”. Hierdie Engel praat asof Hy God is en word aanbid asof Hy God is. Die Engel van Jahweh IS Jahweh! Volgens die Jode verskyn God nie aan mense in sy volheid nie, maar in ‘n vorm wat vir die mens verstaanbaar is – dikwels soos ‘n mens. Gideon besef dus eers nie wie hierdie Man is wat onder hulle boom sit nie. Eers agterna besef Hy dat God hom besoek het! Later in die Bybel lees ons minder van die Malak Jahwe, alhoewel baie Hom met Christus identifiseer.

Verskyn Hy steeds? Wel, God gryp in ons lewens in op maniere wat ons nie altyd herken nie. Dikwels besef ons eers agterna dat dit Hy was wat ons gelei of beskerm het. En ja, Hy maak gebruik van sy Engel, of sy engele. Wees vandag meer bewus van die geestelike werklikhede om jou. God werk!

Almagtige Here, dankie dat U my stuur en lei, dat U my beskerm en bewaar. Dankie vir u engele wat u opdragte uitvoer. Maak my meer bewus van u werk, van u betrokkenheid, van die geestelike dimensie. In Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –