Forum 2.0

Ons het nou God se eienaam Jahweh bespreek, asook tientalle name wat met Jahweh of Jah kombineer. Dit is name wat dui op ‘n uitgebreide en volwasse verstaan van wie God is. Die volgende sewe is veral waardevol om te onthou:

  1. Jahweh Jirehdie HERE voorsien. Wees gerus - niks sal jou ontbreek nie!
  2. Jahweh Rafadie HERE genees. Hy is die Groot Geneesheer, die Heelmaker.
  3. Jahweh Nissi die HERE ons banier. Hy is die Aanvoerder en Oorwinnaar.
  4. Jahweh Shalom die HERE is vrede. Laat jou hart nie ontsteld word of bang wees nie.
  5. Jahweh Ro’ehdie HERE is my herder. Hy roep sy skape by die naam.
  6. Jahweh Jasha die HERE jou redder. Hy verlos jou van sonde, Hy maak jou vry.
  7. Jahweh Shammah die HERE is daar. Hy is by jou, vandag – intens teenwoordig!

Druk gerus hierdie name uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –