Forum 2.0

4046 Die wraak van die Magtige

24 Daarom is dit die uitspraak van die HERE, die Heer, die Heerser oor alle magte, die Magtige van Israel: "Wee hulle! Ek gaan voldoening ervaar oor my teenstanders; Ek gaan my wreek op my vyande." Jes. 1:24 BDV

Die groot profeet Jesaja kondig sy profesie aan in die naam van Adonai, Jahweh Sewahot, die “Magtige van Israel” (Abhir Israel). Hy maak ‘n dramatiese aankondiging: die volk het hul rug op hulle God en Redder gedraai. Hulle is nou vyande! God laat agterna toe dat tien van die twaalf stamme van Israel deur die Assiriërs weggevoer word en verdwyn. Daar is nooit weer van hulle gehoor nie. Dis erg as God jou vyand geword het!

Maak sulke nuus jou bang vir Abhir Israel? Wie kan voor Hom staan? Wel, niemand kan nie, want alle mense is in opstand teenoor Hom, almal is teenstanders. Onthou egter dat Iemand tússen die mens en God kom staan het, naamlik Christus. Aan die kruis het Hy die oordeel vir die mens se sonde op Hom geneem. Die wat dit aanvaar beleef nooit weer die Magtige se wraak nie, net sy liefde. Christus is die verskil tussen die Ou en Nuwe Testament! Moenie bang wees nie – vertrou Hom net.

Liefdevolle Here, dankie vir u liefde en genade. Dankie vir die kruis wat alle straf en toorn volkome geabsorbeer het, sodat ons nie langer vyande van God hoef te wees nie. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –