Forum 2.0

4049 Loof Hom en beleef Hom

4 U is tog die Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink. Psalm 22:4 BDV

Dawid noem God hier bloot Kadosh, die “Heilige”. Hy sê waar Israel se lofsange opklink, byvoorbeeld in die tempel, dáár word God gekroon, dáár heers Hy. Lofliedere is soos die gerubs se vlerke op die verbondsark, sê een kommentator, waaroor God se teenwoordigheid getroon het. Kom ons stel dit so: lof skep nie God se teenwoordigheid nie – want Hy is áltyd teenwoordig – maar dit skep bewussyn van sy teenwoordigheid, dit bring ons in sy teenwoordigheid in.

Ons het laas keer gesê as ons die Heilige se teenwoordigheid betree, bring dit by ons lof en aanbidding. Dit kan nie anders nie! Nou sien ons dat die omgekeerde ook waar is. As ons die Here dank en loof en aanbid, bring dit ons in sy teenwoordigheid in. Lof is die pad na God toe! Moet tog nie wag tot jy voel om te loof, of omdat jy glo jy rede het om te loof nie. Nee, God is altyd lofwaardig! Loof dus altyd. Loof Hom en beleef Hom!

Ek loof en prys U, Heilige God! Ek loof U vir wie U is en vir wat U doen. U is ‘n goeie en getroue God. Dankie vir u troue liefde – u goedertierenheid, u genade. Ek buig voor U. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –