Forum 2.0

4051 Van vrees tot krag

53 "Die God van Abraham en die god van Nahor, hulle sal tussen ons beslis." Dit is die God van hulle voorvader. Jakob het 'n eed afgelê by die Vrees van sy pa Isak. Gen. 31:53 BDV

Jakob sluit vrede met sy skoonpa, Laban, en belowe dat hy sy dogters, Lea en Ragel, goed sou versorg. Hy sweer dit by die “Vrees van Isak”, Pachad Jitzchak. Dis ‘n vreemde naam vir God, want die woord dui nie op die gewone “vrees” vir God, waarmee eerbiedige respek bedoel word nie. Nee, pachad is werklike, verlammende vrees! Sommige vertaal dit met die “Skrik van Isak”.

Onthou dat Isak as seun op ‘n altaar vasgebind en byna deur sy eie pa doodgemaak is! Joodse kommentators sê dat die skrik van daardie dag in hom gebly het. Daardie ervaring, veral van God se redding en bewaring, het Isak egter sterk gemaak: sy vrees het krag geword! Verlam die dinge van die verlede jou nog steeds? Sit daardie skrik nog in jou? Vind jou genesing by jou liefdevolle Vader, wat jou deur dit alles bewaar het en steeds bewaar. Vind jou krag in sy liefde. Laat daardie dinge jou sterk maak vir ander wat daardie vrees nog ken – dis jou roeping!

Liefdevolle Vader, dankie dat U my al deur soveel dinge gedra het. Dankie dat ek op U kan staatmaak vir genesing. Help my om sterk te word waar ek swak was, om my vrees in krag om te skakel. Help my om ander te help, in Jesus’ Naam! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –