Forum 2.0

4053 Sy moes Hom “Pa” noem

19 En Ek, Ek het gedink: Hoe kan Ek jou tussen die seuns opneem, vir jou 'n begeerlike land gee – as erfenis die puikste van die sierade van die nasies. Ek het gedink: My Vader sal julle my noem en van My nie wegdraai nie. Jer. 3:19 BDV

Die Here deel hier in Jeremia kosbaar en roerend uit sy eie hart. Hy sê Israel was ‘n doodgewone slavin in Egipte. Hy was egter jammer vir haar, en bitter lief. Hy wou haar as kind aanneem (die wonderlikste uitkoms vir enige slaaf) en haar ‘n pragtige stuk grond laat erf, saam met die seuns. Onthou, in hulle tyd het meisies nie geërf nie en nie grond besit nie. Hy wou hê sy moes Hom “Pa” noem en vir Hom ook lief wees! Helaas het Israel hul kindskap in die wind geslaan en hul rug op hul Vader gekeer. In die gees hoor Jeremia God dan roep: "Keer terug, afvallige kinders! Ek sal julle afvalligheid genees." Dan antwoord hulle, wonderlik: "Hier is ons, ons kom na U toe; want U is die HERE ons God.”

Luister: dit gaan hier oor mense wat teruggeval het, wat lou geword het. Is dit jý? God roep jou! Hy wil hê jy moet Hom weer “Pa” noem, uit jou hart uit, uit werklike, opregte liefde.

Hier is ek, liefdevolle Vader, ek kom na U toe, want U is my God. Vergewe my dat ek afgedwaal het! My verhouding met U is werklik vir my die belangrikste saak. Help my om trou te bly! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –