Forum 2.0

4054 Jou huwelik vir Hom

10 Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskep nie? Waarom is ons dan ontrou aan mekaar en ontheilig ons die verbond wat met ons voorouers gesluit is? Mal. 2:10 BDV

Ons keer terug na hierdie vers, waarin Maleagi dit betreur dat baie Jode hul vroue gelos het om heidense vroue te trou. Hierdie keer onderstreep ons die feit dat hy God “Vader” noem, wat selde in die Ou Testament gebeur. Dis asof Maleagi beklemtoon dat Joodse mans EN vroue God se kinders is en dat dit sy vaderhart breek om hulle ontrou te sien en die hartseer wat dit veroorsaak. Onthou, in Bybelse tye het egskeiding vroue gewoonlik sonder heenkome gelaat, sonder respek, sonder toekoms.

Ons leef self in ‘n wêreld waarin egskeiding algemeen is, ook by Christene. Dit bring steeds hartseer, verwerping en verwarring vir almal betrokke, veral vir die kinders. Ook vir die ouers, nie waar nie? Ja, ouers se harte breek ook vir hulle kinders, kleinkinders en skoonkinders, vir wie hulle lief is, se pyn. So breek ontrou, liefdeloosheid, jaloesie en onmin die Here se hart. Onthou, kind van God: jou huwelik is nie net vir jou nie, dis ook vir ander. Bowenal is dit vir HOM.

Liefdevolle Vader, ek leef vir U. Ook my huwelik is vir U. Lei my egter, help my, om tot u eer in die huwelik te leef. Wys my wat om te doen, te sê, te besluit – en vergewe my! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –