Forum 2.0

4055 Die Rots wat nooit verander nie

3 Ja, die Naam van die HERE roep ek uit, Erken die grootheid van ons God, 4 die Rots! Volmaak is sy werk, ja, al sy paaie is 'n maatstaf. 'n Betroubare God, sonder onreg, regverdig en onkreukbaar is Hy. Deut. 32:3-4 BDV

Ons gaan vir ‘n paar dae terugkeer na een van die algemeenste beelde vir God in die Bybel, naamlik die van ‘n rots. Hier noem Moses vir God doodgewoon Tsur – “die Rots”. Ons weet instinktief wat hierdie simbool beteken, maar kyk hoe mooi spel Moses dit uit as hy God beskryf: betroubaar, sonder onreg, regverdig, onkreukbaar. Ja! God is standvastig en getrou, ewigdurend, sterk – onveranderbaar.

Moenie dink dat God verander het, byvoorbeeld dat Hy eers streng was, maar nou liefdevol geword het nie. Nee, God verander nooit! Hy is steeds heilig en regverdig. Hy eis steeds gehoorsaamheid en geregtigheid. Hy is egter ook steeds goedertieren en getrou, steeds vergewensgesind. Al wat verander het, tussen Ou en Nuwe Testament, is Jesus Christus. Lees die twee helftes van die Bybel en jy sal sien: Christus beliggaam God se geregtigheid én genade, sy straf én sy loon. Christus versoen ons egter met die Vader. Deur Christus hoef ons nie meer vir Vader bang te wees nie. Deur Christus staan ons op die Rots!

Here Jesus, dankie dat U die deur na God se genade oopgemaak het. Dankie dat ek deur U God Abba kan noem, “Vader”. Dankie vir die rotsvaste sekerheid van SY liefde. “Sy goedertierenheid is tot in ewigheid”, amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –