Forum 2.0

4056 Soos ‘n blink, vars môre

3 Die God van Israel het met my gepraat, die Rots van Israel het gesê: "Hy wat regverdig heers onder mense, hy wat in die vrees van die HERE heers, 4 is soos die môrelig teen sonop op 'n wolklose oggend; deur die helderheid wat die reën bring, spruit groen gras uit die aarde." 2 Sam 23:3-4 BDV

Dawid praat hier namens Tsur Israel, “die Rots van Israel”, oor die rol van die koning. Hy sê dat ‘n regverdige heerser soos die dagbreek is, soos ‘n blink, vars môre, soos reëndruppels op die gras. Dis so mooi! Goddelike leiers is ‘n seën vir die hele land. Goddelose leiers is natuurlik nie ‘n seën nie, maar ‘n vloek. Hulle is soos die donker wat toesak. Hulle bring misdaad en bedrog, agteruitgang, armoede.

Bybels gesproke is leiers regverdig as hulle in God se wil regeer, tot sy eer, as hulle Hom erken. Hulle is wys as hulle nie korrupsie of bedrog toelaat nie, maar die reg versterk. Hulle is barmhartigheid as hulle die behoeftiges help. Sulke leierskap lei tot voorspoed en vrede. Laat ons vir goeie leiers bid! Laat ons bid dat hulle God sal ken, dat hulle bekwaam en verantwoordelik sal regeer. Laat ons vir die Christene in die regering bid om sterk te staan, uit te staan. Werk ook vir geregtigheid, natuurlik. Wees ‘n aktiewe burger!

O Here, ek bid dat ons leiers op die Rots sal staan, geanker in u wil, gefokus op u eer. Ek bid dat geregtigheid en liefde sal heers. Ek bid ook dat u kinders in ons land sal saamstaan en hulle aktief vir u sake sal beywer. In Jesus’ Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –