Forum 2.0

4061 U behou beheer

9 Ek het gekyk totdat trone opgestel is, en 'n Oue van Dae plaasgeneem het. Sy kleed was wit soos sneeu, die hare van sy hoof soos suiwer wol. Sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan vlammende vuur. Dan 7:9 BDV

Daniël het geprofeteer oor een van die moeilikste tye in die Joodse geskiedenis, toe hulle ontsettend verdruk was. Sy profesieë bied egter ‘n blik op wat agter die skerms gebeur. Die aardse realiteit is immers nie die enigste realiteit nie. Inteendeel, ‘n groter realiteit speel af by die Here! Hier sien Daniël byvoorbeeld vir God, in die vorm van ‘n “Oue van Dae” (Atik Jomin). Waardig en majestueus neem Hy plaas op sy troon, omgewe met strome van vuur, wat sy heiligheid verbeeld. “Tienduisend maal tienduisende” engele staan voor Hom, wagtend op sy opdrag. Sy volk se verdrukking was byna oor!

Ek en jy moet ook nie dink dat swaarkry vir ewig sal duur nie. Ons is nie bestem om te ly nie! Ja, hierdie wêreld hou ‘n mate swaarkry in, omdat dit so gebroke is, maar in die swaarkry is daar ook die oorwinning. Moenie net rondom jou na die omstandighede kyk nie. Kyk op: Die Oue van Dae is op die troon! Laat dit jou vandag bemoedig.

Dankie, Heilige Here, dat U in my omstandighede is. Dankie vir u ingrype, vir u oorwinning. “My enigste troos in lewe en dood is dat ek aan Jesus Christus behoort.” Niks kan werklik met my gebeur nie – U behou beheer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –