Forum 2.0

4063 Die Koning in ons midde

14 Jubel van vreugde, dogter van Sion, roep dit uit, Israel! Verbly en verheug jou met jou hele hart, dogter van Jerusalem! 15 Die HERE het die oordele oor jou afgewend, jou vyande uit die weg geruim. Die Koning van Israel, die HERE, is in jou midde; jy sal geen onheil meer vrees nie. Sef. 3:14-15 BDV

In Bybelse tye het konings absolute mag gehad. Hulle woord was wet. Dit was natuurlik óf goed óf sleg, want nie alle konings was goeie konings nie. Israel het byvoorbeeld heelwat slegte konings gehad. Oor Israel se aardse konings het God egter regeer – die eintlike “Koning van Israel”, die Melech Israel. Hy het goeie konings bevestig of beloon en slegte konings gestraf of verwyder. In hierdie hoofstuk voorspel Sefanja ‘n wonderlike toekoms. Hy sê God sal uiteindelik alle slegte mense en slegte leiers uit die weg ruim. Dan sal Hy self in Jerusalem kom woon – “in hulle midde” – en persoonlik regeer!

In die Nuwe Testament leer ons dat hierdie verwagting in Christus vervul sal word. Eendag sal Hý, die “Koning van Israel”, persoonlik onder ons kom woon. Hý sal in ons midde wees, in ons strate, op ons pleine. Ons sal Hom sien in sy genade en waarheid, in sy heerlikheid. Laat hierdie Bybelse beelde jou vandag laat besef: jy hoef geen onheil te vrees nie!

Hemelse Koning, dankie dat U na ons toe op pad is. U is reeds aan die kom! U wederkoms is spoedig, net om die draai. U kom alles verander, alles regstel. Ek verbly my nou reeds daaroor, ek jubel, ek juig daaroor! Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –