Forum 2.0

4064 Slegte en goeie godsdiens

14 Vervloek is iemand wat bedrieg deur 'n gelofte af te lê, maar 'n verminkte dier aan die Heer offer, terwyl daar 'n manlike dier in sy kudde is. Ek is immers die groot Koning," sê die HERE, Heerser oor alle magte, "en my Naam wek ontsag by die nasies." Mal. 1:14 BDV

Maleagi waarsku die volk dat hulle godsdiens niks beteken as hulle harte nie met God reg is nie. Hulle kan byvoorbeeld nie verminkte diere offer as die wet ‘n perfekte, manlike dier vereis nie – so asof Hy nie bestaan of daarvan sal weet nie! Dis minagtend en disrespekvol. As die Melech Gadol, die “Groot Koning” (of “Grootkoning”) vereis Hy die grootste respek. Maleagi beveel hulle aan om sulke godsdiens eerder te los.

Baie mense neem steeds aan godsdiens deel op ‘n uiterlike manier. Hulle doen dit om ander te behaag, om hulle gewetens te sus of dalk omdat dit vir hulle ‘n mate van vrede gee. Alle godsdiens wat ons egter nie na die lewende God lei nie, is slegte godsdiens, afbrekende godsdiens. Dit kan ‘n gevaarlike en sieldodende substituut wees wat ons van God weghou. Staak dit eerder. Godsdiens is belangrik en goed as dit ons in ‘n lewende verhouding met die Almagtige bring. Dán is dit opbouend en lewegewend!

Here, U is die Groot Koning, mý Koning. Ek bid dat my betrokkenheid by die kerk en u dinge my nader aan U self sal bring. Ek wil godsdiens wat bloot uiterlik, of vleeslik en ekkig is vermy. Ek is nie in die kerk ter wille van myself nie, maar ter wille van U! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –