Forum 2.0

4067 Elke woord van U

16 Gaan, en bring die oudstes van Israel byeen, en sê vir hulle: "Die HERE, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: "Ek gee noukeurig aandag aan julle en aan wat julle in Egipte aangedoen word." Eks. 3:16 BDV

By die brandende bos kry Moses ‘n opdrag. Hy moet haastig teruggaan na die Hebreërs en hulle vertel dat Elohe Avotekhem, Elohe Avraham Yitzchak ve Ya'akov aan hom verskyn het – “die God van julle vaders, die God van Abraham, Isak en Jakob”. Hierdie God stuur vir hulle ‘n boodskap: Hy is intens bewus van hulle slegte omstandighede en is op die punt om in te gryp. Hy kom hulle daar uithaal!

Waarom onderstreep die Here die feit dat Hy die God van Abraham, Isak en Jakob is? Want Hy herinner hulle aan die verbond wat tussen Hom en hulle voorvaders bestaan. Beloftes is gemaak: van seën, van nageslag, van ‘n land. Daardie verbond en daardie beloftes staan nog steeds. God het nie daarvan vergeet nie! Moet dus nooit sê dat God se beloftes nie in vervulling gaan nie. God doen dit op sy eie tyd en sy eie manier. Jy kan maar weet: as God ‘n belofte gemaak het, staan dit vas! Bly wag, bly bid daarvoor!

Dankie Here, dat elke belofte wat U maak “ja en amen” is. Dit kan nie verval nie, dit kan nét vervul word! Ek wag dus nog geduldig en gelowig, tevrede in die wete dat elke woord van U waar word. Amen!

 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –