Forum 2.0

4069 Die geloof van Abraham

11 Hy het die kamele teen die aand buite die dorp by 'n waterput laat kniel, die tyd wanneer vroue uitgaan om water te skep. 12 Hy het gesê: "HERE, God van my heer Abraham, laat dit asseblief vandag vir my gebeur, en bewys so troue liefde aan my heer Abraham." Gen. 24:11-12

Soms word die Here bloot Elohe Avraham (“die God van Abraham”) genoem. Hier noem Eliëser, Abraham se kneg, vir God so toe hy vir Isak ‘n vrou gaan soek het in Mesopotamië. Wat beteken hierdie naam? Wel, as ons verstaan wie Abraham was, sal ons verstaan wie die God van Abraham is! Abraham het God se stem gehoor en sy land verlaat op grond van ‘n belofte. Geloof het hom van die een wonder na die volgende gelei. Alhoewel hy nooit self die vervulling van die belofte gesien het nie, het hy sy geloof behou.

Wie is die God van Abraham dus? Hy is die Een wat jou uit die wêreld geroep het om Hom te volg. Hy is die Een wat saam met jou die geloofspad stap, deur die op en die af, en Homself altyd getrou bewys. Hy is die Een wat jou by die Beloofde Land sal uitbring, want uiteindelik word al sy beloftes waar. Dís jou God, die God van Abraham! Gaan voort in sterk geloof!

God van Abraham, wees met my soos U met Abraham, die vader-van-geloof, was. Lei my op my geloofspad, bring my waar ek moet kom, vervul u beloftes. Gee my die geloof van Abraham! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –