Forum 2.0

4070 Die seën van Isak

13 En kyk, die HERE staan bo-aan die trappe en sê: "Ek is die HERE, die God van jou voorvader Abraham, en die God van Isak. Die grond waarop jy lê – aan jou en jou nageslag gee Ek dit.” Gen. 28:13 BDV

Hier by Bet-el, in Jakob se visioen, noem die Here Homself Elohe Yitzchak, “die God van Isak”. Wat beteken hierdie naam? Ons sal dit beter verstaan as ons Isak verstaan. Onthou, Isak was anders as sy pa, Abraham. Waar Abraham ‘n sterk pionier was, ‘n groot geloofsman, selfs ‘n vegter, was Isak stiller, kalmer. Terwyl Abraham sy beloftes moes gaan haal, het Isak dit bloot ontvang. Hy, die “seun van die belofte”, het alles ontvang wat Abraham gehad het en nog veel meer. Selfs die heidene het vir hom kom sê: “jy is nou eenmaal die geseënde van die Here”!

Die “God van Isak” is die God wat seën, wat elke belofte waar maak. Leef opreg met die Here, soos Isak, en maak God se beloftes joune. Daar is so baie! Wees Sy kind, Sy geliefde, Sy erfgenaam, Sy bruid. Leef uit die oorvloed wat die Here jou gee: verlossing, voorsiening, vrede, vreugde. Dis belangrik om God se seën om jou raak te sien en te bely!

God van Isak, dankie vir alles wat ek van U ontvang. Ek bely my oorvloed – niks sal my ontbreek nie! Ek weet dat ek reeds so geseënd is, Here, en ek prys U daarvoor. Nogtans is ek nie skaam om altyd vir u seën te bid nie, want sonder u seën is ek niks. Seën my, Here! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –