Forum 2.0

4073 Hoe groot is U!

23 "Is Ek net 'n God wat naby is," is die uitspraak van die HERE, "en nie ook 'n God wat ver is nie? Jer. 23:23 BDV

Jeremia beskryf God as ‘n “God wat naby is”, maar ook ‘n “God wat ver is” (Elohe Merachok). Hy is “immanent” (IN sy skepping, IN ons), maar ook “transendent” (OOR sy skepping, APART van alles). Vandag deel ons iets oor God as Skepper en ons vraag is dit: is geloof en wetenskap teen mekaar? Alhoewel daar soms ongemaklikheid is oor die wedersydse aansprake, is die twee nie wesenlik teen mekaar nie. Geloof en wetenskap beskryf eintlik dieselfde realiteit, maar op verskillende maniere, met verskillende uitgangspunte en verskillende beklemtonings.

Die Skrif is egter duidelik dat die wonders van die skepping (en die wonders van die wetenskap) ons na God moet lei. Of ons nou naby kyk, onder die elektronmikroskoop, of ver, deur ‘n kragtige radioteleskoop – oral sal ons die wonders van God ontdek. En hoe meer ons ontdek, hoe meer moet ons sê: “Hoe groot is U!” Om dit nie te doen nie is verkeerd, sondig. Daar is inderdaad baie wetenskaplikes wat gelowig is. Dis presies soos dit moet wees!

Wonderlike Skepper, dankie vir die wonders van die skepping. Ek bid dat elkeen wat die skepping bestudeer, asook elkeen wat die skepping waardeer, die Skepper daarin sal raaksien en U sal eer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –