Forum 2.0

4079 Pa se arms

8 Maar nou, HERE, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Jes. 64:8 BDV

Jesaja noem God verskeie kere ons “Vader”. Dit beteken dat Hy ook ons Skepper is, want ‘n vader “maak” sy kinders, hy bring hulle voort. Die woord “formeerder” wat Jesaja hier gebruik dui op ‘n pottebakker. Hy beskryf dus ‘n God wat met sy hande besig is om iets mooi uit klei te maak. Sy “handewerk”, soos Jesaja sê, is ons!

Waaroor gaan Jesaja se woorde hier? Jesaja erken sy volk se sonde, maar vra nogtans dat die Here hulle nie in hulle sonde sal laat nie. Hy moet hulle uit die gemors, wat hulle self geskep het, kom haal! Waarom sou God so iets doen? Jesaja beroep hom op die feit dat God hulle PA is, hulle MAKER. Dis mos wat pa’s doen! Sal hulle Pa hulle kom red? Vir seker! Hy hét hulle gered en red hulle daarna nog vele kere en ook vir ons – sonde of geen sonde nie. ‘n Pa het sy kinders lief, en ‘n Maker sy maaksels – dít bly die waarheid! O, watter gerusstelling!

Dankie Vader, dat U u kinders liefhet. Dankie dat ek altyd na U kan terugkeer, uit watter omstandighede ook al. Pa se arms is altyd oop! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –