Forum 2.0

4081 Hy oordeel die hart

4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel: 5 "Maak my getroue volgelinge vir my bymekaar, hulle wat met offers my verbond hernu." 6 Die hemel maak sy regverdigheid bekend, want Hy is God wat reg laat geskied. Psalm 50:4-6 BDV

‘n Algemene beeld van God in die Ou Testament is die van ‘n regter (shofet). In hierdie verse, waarin die teks ook na Hom as regter verwys, is God besig om sy volk te oordeel. Hy sê hulle bring wel daagliks hulle offers na die tempel, maar eintlik het Hy geen behoefte aan offers nie. Alles behoort reeds aan Hom! Hy wil eintlik hulle harte hê. Hulle harte moet Hom loof en dank: lof is die offer wat jy aan God moet bring. Hulle harte moet Hom wil behaag. Hulle moet in ‘n hartsverhouding met Hom leef: roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer. Hoe mooi – DIT is wat God van sy kinders eis!

Terwyl die Ou Testament self die uiterlike godsdiens instel, kompleet met wette, offers en feeste, sê dit ook dat meer as uiterlike godsdiens nodig is. As die Regter kom sal Hy die harte beoordeel. Opregte harte, gelowige harte, rein harte – DIT is wat God vra!

Regverdige Regter, beoordeel my hart. Wys my waar ek nie opreg of getrou is nie. Help my om ‘n rein hart te bekom, ‘n hart wat suiwer op U gerig is! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –